Ons almal weet dat dwelms een van die verwoestendste dinge in enige mens se lewe kan wees. Inteendeel, my vrou en ek het ‘n familielid wat ‘n vernietigende belewenis met dwlems gehad het, so glo my, ek neem hierdie nie ligtelik op nie! Tog, het ek in die afgelope jaar of twee verskeie standpunte gehoor hieroor, en ek gee van hulle weer in hierdie stuk. Ek het self ook heelwat navorsing gaan doen, en met skokkende resultate vorendaggekom.
Wat dink jy: Mag die Staat (deur die landswet te gebruik) vir ‘n individu voorskryf watter voedingsstowwe/chemikalië/vloeistowwe hulle in hul liggaam mag plaas onder ‘n grondwet wat menseregte beskerm? Of, is dit ongrondwetlik indien hulle dit wel doen?
Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin". Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".