Riaan Eloff's Blog

So, daar is Venstertjies 8 ook dan nou
Vandag terwyl ek besig was om rond te loer vir ‘n torrent of twee om ‘n storie te kyk, toe kom ek op www.kat.ph af op Windows 8 se consumer preview.

Ek gaan toe na Microsoft se site, en download did.  Die installasie was redelik pynloos op my Windows 7 masjien, en…wag…Windows 8 het ook seker gemaak dat alles mooi saam met hom kan speel.  Al wat eindelik nie kon nie is Comodo Internet Security.  Terwyl ek hierdie artikel skryf kyk ek nog uit vir ‘n ander antivirus of internet sekuriteitsisteem.  Comodo sal ook sekerlik binne ‘n dag of twee aangepas wees om wel te speel saam met Win8.

Dit is redelik voor die handliggend dat Win8 gemik is op die hele “tablet” mark, want ja, dinge is groter en makliker werkbaar vir mense met “touch screen devices”.  Die hele start-menu is drasties aangepas, en dit het my sommer skoon ontstel, maar nou ja, mens moet seker maar aanpas en by bly nê?

‘n Paar dinge is heel o ulik, en ‘n paar is frustrerend, maar, ek kmoet toegee: in die algemeen lyk die visuele aanpassing baie oulik.  Mens hoop nou net dat dit wel waar is dat die stabiele en vinnige Win7 kern waarop Win8 basseer is, is wel so, en funksioneer na wense.

Ek sal dit vir so ‘n rukkie gebruik op hierdie een masjien van my, en dan weer binnekort kommentaar lewer oor my ervarings.  Dus, kyk uit vir ‘n evaluering binne die volgende week of wat.

Ja, ja, ek weet…ek het die blog afgeskeep vir BAIE lank nou…maar ja, so gaan die lewe maar aan nê?

Groetnis tot volgende keer maats.

Dwelms en die landswet.
Ons almal weet dat dwelms een van die verwoestendste dinge in enige mens se lewe kan wees.  Inteendeel, my vrou en ek het ‘n familielid wat ‘n vernietigende belewenis met dwlems gehad het, so glo my, ek neem hierdie nie ligtelik op nie!  Tog, het ek in die afgelope jaar of twee verskeie standpunte gehoor hieroor, en ek gee van hulle weer in hierdie stuk.  Ek het self ook heelwat navorsing gaan doen, en met skokkende resultate vorendaggekom.

Wat dink jy:  Mag die Staat (deur die landswet te gebruik) vir ‘n individu voorskryf watter voedingsstowwe/chemikalië/vloeistowwe hulle in hul liggaam mag plaas onder ‘n grondwet wat menseregte beskerm?  Of, is dit ongrondwetlik indien hulle dit wel doen?

Hokaai nou net daar!?  Voor jy voortgaan om my te kruisig!  Ek vra nie of dwelms goed of sleg is, moreel aanvaarbaar is, of Bybels goedgekeer is nie.  Ek vra:  “Mag die landswet vir iemand voorskryf wat hulle in hul liggaam inneem onder ‘n grondwet wat menseregte beskerm, of skend so ‘n wet die individu se menseregte?”

Ons kan dae lank debateer oor die goed en sleg van dwelms, en ons kan dae teologiese debat, morele debat en sosio-ekonomiese debat hieroor hou en dalk by baie sinvolle bestemmings aankom, maar die vraag is nie hoe goed of slegs dwelms (in watter vorm ookal) is nie.  Die vraag is:  “Mag die landswet jou verbied om dit te gebruik, of skend hulle jou menseregte as hulle dit doen?”

Ek sou baie graag jul opinies wil hoor in die kommentare hieronder, so trek los en laat waai ouens!

Ek gee gou ‘n paar stukkies inligting hier deur, wat ek self op afgekom het:

Verslawing.

Dwelms is nie sommer eenvoudig net “verslawend” of “nie-verslawend” nie.  Dit blyk dat daar is drie aspekte betrokke, en ek stel hulle hier in my eie taal, en interpretasie.  onderaan het ek ‘n skakel na ‘n WIKIPEDIA artikel wat meer lig op die onderwerp gooi:

Sielkundige (emosionele?) verslawing – dit het uiteraard nie soseer met die chemiese invloed van die dwelm te doen nie, maar met die onderliggende sielkundige impak/gevoel/ervaring, en die bevrediging wat daar gevind word.

Chemiese verslawing – dit is letterlik waar jou liggaam chemies afhanklik raak van die dwelm.

Bevrediging – dit is die tevredenheidsfaktor, of hoeveel plesier dit verskaf, en hoe graag ‘n mens weer daardie plesier sou wou beleef/ervaar.

Studies wat gedoen is en in die LANCET gepubliseer is, het die drie verskillende invloede op ‘n skaal van 0 tot 3 weergegee, en, onder andere, van die volgende vorendaggebring:

LSD het die LAAGSTE chemiese afhanklikheidsfaktor, naamlik 0.3, waarna Ecstacy op 0.7 en Dagga op 0.8 gelê het.  Hierdie is al drie dwlems wat as onwettig verklaar is in ons land, en jy kan tronk toe gaan vir die besit, vervoer of handeldryf daarmee.  Nou, in die lig van my vorige sinnetjie:  Tabak het ‘n chemiese afhanklikheidsfaktor van 3.0 (yup – DIE HOOGSTE VAN ALMAL!!!) – selfs hoër as HEROïNE, wat inkom op 2.9, en ons weet dat heroïne feitlik oombliklik verslaaf na eerste gebruik.

Nou vra ek:  maak hierdie wetgewing sin?  Heroïne is onwettig, maar Tabak nie.  LSD, en Dagga is onwettige, maar Tabak is wettig?  Hmmm.  Dit bring ‘n hele ander “wonder” oor die sin van die wetgewing, maar, hoe dit ookal sy, julle kan lekker klets hieroor.

Onder die sielkundige verslawingsfaktor is Heroïne 3.0, Kokaïne 2.9 en, wag vir dit…wag vir dit….Tabak 2.6 – yup, derde hoogste!  Kokaïne se chemiese (fisiese) verslawingsfaktor is maar 1.3 in vergelyking met Tabak s’n.  Dus, sover, is Tabak gevaarliker as Kokaïne!!

LSD, Ecstacy en Dagga is weer hier ook onderaan die lys op 1.1, 1.2 en 1.7 afsonderlik.

Plesierfaktor (hoeveel pret dit is…hoe lekker dit is om te gebruik…hoe bevredigend die ervaring is).  Hier is Heroïne, Kokaïne en Tabak ook weer heelbo aan die leer, met Alkohol en LSD net daarna.  Dus, LSD gee jou amper soveel plesier as die ander 4, maar dis nie NAASTENBY so verslawend nie!  Tog, beide Alkohol en Tabak is wettig, maar die ander drie nie.  Hmmm, weer die vraag:  hoeveel sin maak DIT!?

Die inligting hierbo weergegee kom uit die artikel “Drug Addiction” in Wikipedia:  http://en.wikipedia.org/wiki/Drug_addiction

http://en.wikipedia.org/wiki/LSD

http://en.wikipedia.org/wiki/Cannabis

Volg gerus die skakel en STOP, DINK VIR JOUSELF, EN VRA VRAE.

O ja, ‘n interessante opmerking oor die dwlems betrokke in die studie:  GEEN een van hulle sal jou doodmaak van blote gewone gebruik of verslawing nie (ek praat nou van binne ‘n paar dae tot weke, ek praat nie nou van die langtermyn effek nie, ons almal besef dat sommige van hierdie dwelms verwoes jou gesondheid tot die dood toe, ek praat ook nie van ‘n oordosis nie, ek praat van algemene, gemiddelde gebruik binne die verslawingsvlakke), BEHALWE indien jy verslaaf is aan Alkohol.  Yup, Alkohol is DIE ENIGSTE EEN wat jy kan laat STERF indien jy verslaaf is daaraan, en dit OPHOU gebruik!  O ja, en dis WETTIG!

Verantwoordelikheid

Goed, so uit bogenoemde is dit voor-die-hand-liggend dat die wetmakers NIE behoort leiding te neem hier nie, want hulle is blykbaar so verward soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartieboksie!  Hulle laat mense toe om Alkohol en Tabak te gebruik, maar verbied hulle om LSD en Dagga te gebruik.  Hoekom?  Wat is die rede/motivering?  Behoort hulle ENIGSINS hiermee te lol en wetgewing te maak!?

Is dit nie dalk die verantwoordelikheid van OUERS om hul kinders te LEER nie!!??  nou gee ons daardie verantwoordelikheid oor aan die Staat, en hulle voeter dit op VER buite Herkenningsvlakke!  (Vir die “Ingilse”:  FUBAR).

Kriminalisering

Maak dit nie meer sin om dit te reguleer nie?  Maak dit sin om dwlems te verban?  Verminder verbanning die gebruik WERKLIK?  Sal die “wettigmaking” van dwelms die gebruik daarvan WERKLIK “skielik” ten hemele laat styg?

Kom ons kyk gou:  In watter land is daar statistiese bewyse dat die verbanning van dwelms die gebruik werklik verminder het, en, meer belangrik, die kinders wat nou in onhegiëniese toestande en in “slums” tussen ‘n klomp kriminele dit gaan soek, dit NIE meer gebruik nie.  Die kriminalisering van dwelms blyk nie die oplossing te wees nie.  OPVOEDING DEUR OUERS is dalk ‘n BAIE beter roep, nie waar nie?!

Daar is verskeie dwlems wat totaal wettig is, solank jy dit binne die regulasies gebruik:

Jy benodig ‘n voorskrif van ‘n Dokter

Jy mag slegs ‘n sekere hoeveelheid gebruik binne die voorgestelde perke van die dwelmontwikkelaars

Jou inligting word geneem tydens aankoop, en rekord word gehou van jou gebruik

Sou dit nie juis veiliger wees vir mense indien hul toegang het tot sekere dwlems binne die perke van ‘n gereguleerde industire nie?  Sou dit nie sin maak dat die verskaffers dan nie meer die dwelms na willekeur kan vermeng met poeiers van alle soorte (wat die sterftefaktor van die gebruik daarvan beïnvloed) nie, aangesien hulle nou wettiglik handeldryf, maar binne die regulasies van hul inustrie moet optree nie?  Tans is daar GEEN WAARBORGE indien jy dwlems iewers by iemand bekom nie!  Dit is UITERS gevaarlik, en nou praat ek nie van die dwelm self se gevaarfaktor nie, ek praat van die gevaarfaktor wat toegevoeg word deur slinkse, skelm dwelmhandelaars wat “onder die radar” funksioneer.

Ek keer gladnie die dwelmgebruik goed of af nie, ek beredeneer eenvoudig vanuit ‘n oogpunt van objektiwiteit (sover as dit moontlik is vir die mens om objektief te wees) die sinvolheid van kriminalisasie.

Hoe dit ookal sy, ek beweeg nou in die area van morele debat met hierdie saak.  Ek wou net eers ‘n paar feite na vore bring, en dan vir julle geleentheid gee om hier in die kommentaararea onder hierdie plasing saam te praat.  Ek sou baie graag insette wou ontvang van soveel mense as moontlik.

O ja, Kokaïne was nog wettig in verskeie lande (insluitend Amerika) tot vroeg in die 1900′s, en LSD was nog wettig tot 1966.  Dit blyk dat Dagga onwettig geraak het in Amerika in die 70′s, en daar is tans kongreslede wat Cannabis wil laat “onkriminaliseer”.

So, weer die vraag:  is dit grondwetlik vir die Staat om wette daar te stel wat jou as individu verhoed om sekere vloeistowwe, chemikalië of voedingstowwe in te neem?

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

Wat bedoel jy: “IM my”?! – deel 2
Hi daar aan almal.  Ons het laasweek aan ‘n hele paar punte geraak rondom die hele “IM”-ding, so ek gloo meeste van julle is daarem nou op hoogte van wat presies IM is, en wat ‘n kletskamer, stemklets en videoklets is.  As jy nou hierdie stuk lees, en so verward voel soos ‘n Rooibok wat na ‘n motor se hoofligte staar terwyl die jagter aanlê, lees gerus eers laasweek se plasing.

Vir dié wat reeds op hoogte is: vandag sluit ons af met nog so ‘n paar towerkunsies wat IM ons toelaat, sowel as ‘n paar programme wat die verskeie programme daarbuite (Yahoo, Skype, GTalk etc etc etc) se kommunikasieprotkolle verstaan, en hul saambind in een program, sodat jy nie deur veertig verskillende programme gepla word en jou rekenaar se snelheid vertraag word soos ‘n mier wat deur die strooppot probeer loop nie.

Ons het laasweek gekyk na die vinnige kommunikasievermoë van IM sagteware, sowel as die “beskikbaarheidsfaktore”, en ook die “herinneringsfaktor”.  Ons het ook gesien dat daar ‘n aanspreeklikheidsfaktor is, deurdat die geskiedenis van ‘n gesprek gestoor kan word.  Daar is kostebesparings vir beide die teksgesprekke, sowel as stemklets en videokletsgesprekke.  En nie net kostebesparings nie, maar stemklets en videoklets grens aan absoluut gratis wanneer ons die koste van ons datapakket deur ‘n ADSL-lyn in berekening bring.

Wat kan dit nog vir my doen?

Ek het baie verwys na stemklets en videoklets, maar wil graag ‘n oomblik daarby stilstaan.  Soos die name aandui, is stemklets en video klets afsonderlik eenvoudig die vermoë wat hierdie IM sagteware het om kommunikasie in ander vorme as bloot ‘n teksboodskap te laat plaasvind.

Indien jou rekenaar ‘n stel luisprekertjies het (hulle kos so R80.00 en meer by rekenaarwinkels), sowel as ‘n mikrofoon (meeste skootrekenaars het dit reeds ingebou, maar mikrofone is ook so vanaf R80.00 beskikbaar), sal jy kan stemklets met, onder andere, Skype, Yahoo Messenger, Windows Live, GTalk, AOL Messenger en nog verskeie ander.  Al hierdie pakette is gratis beskikbaar, en hulle kan met relatiewe gemak afgelaai word van die Internet, en op jou rekenaar installeer word.

In meeste gevalle sal hulle self ook jou luidsprekers en mikrofoon bemerk, en die stemkletsfasiliteit sommer tydens installasie vir jou toets en voorberei met minimale interaksie van jou kant.

Indien die persoon met wie jy IM ook luidsprekers en ‘n mikrofoon het, dan het julle twee ‘n bykans-gratis telefoonlyn net daar en dan!  Maak nie saak WAAR IN DIE WERELD die ander persoon of jy is nie!  As jul albei toegang het tot die Internet, is jul gesprek kosteloos (behalwe natuurlik die datakoste van jou Internet datapakket).

Verskeie van hierdie sagtewarepakette laat jou ook toe om ‘n voorafbetaalde oproepplan aan te koop.  Hierdie oproepplan stel jou in staat om nie net persone wat ook ‘n rekenaar, met dieselfde sagteware, en ‘n mikrofoon/luidsprekers het te kontak nie, maar dit stel jou ook in staat om gewone telefoonnommers te skakel.  In meeste gevalle is die oproepkoste soortgelyk as landlyn en selfoonoproepe, en soms goedkoper.  In die geval van internasionale oproepe is dit bykans ALTYD drasties goedkoper.

Indien jou rekenaar ‘n kamera ingebou het, (meeste skootrekenaars het deesdae, en kameras is beskikbaar vanaf so R160.00 en op) buiten die mikrofoon en luidsprekers, dan kan jy nie net stemklets nie, maar videoklets ook!  Dit is PRESIES dieselfde as die stemklets, behalwe dit het video by.  Yup, jy kan jou ma SIEN, en sy kan jou SIEN.

Videoklets is ongelukkig slegs sinvol as jy daarem ‘n redelike vinnige Internetskakeling het, minimum 384kB lyn, maar verkieslik vinniger.  Ook is dit beperk tot SLEGS mense met dieselfde sagtewarepakket as jy, en aangesien video-oproepe nog nie aktief en populêr genoeg is wereldwyd nie, kan mens ook nog nie daarmee videotelefone skakel nie.  Maar, vertrou my, merk my woorde – ek’s ‘n profeet – dit gaan nog kom, BINNEKORT.

Watter programme werk as universele IM sagteware?

Daar is verskeie pakette wat die vermoë het om al die verskillende IM sagteware se kommunikasieprotokolle te verstaan, en dus saam te bind in EEN program, vir jou gerief (sien laasweek se plasing oor die baie pakette en verskillende vrinde op die verskillende netwerke ens.)

Wat jy eerstens moet weet is:  videklets werk in meeste gevalle nie deur hierdie universele IM pakette nie.  Die videoprotokolle is blykbaar nog óf te uiteenlopend óf dit word nog beskerm en geheim gehou.  Stem is op sommiges moontlik, maar nie op almal nie.  Die implimentasie van die stem en video is blykbaar nog ‘n struikelblok in die universalisaise van IM sagteware.

Tog, hierdie pakette stel jou verseker in staat om te teks met al jou vriende op al die netwerke, en, indien jy dan ‘n ernstige vergadering met ‘n kliënt per stemklets moet voer op (bv.) GTalk, aangesien die kliënt GTalk gebruik, dan sal jy hul sien in die universele IM pakket, en julle sal kan dagsê, mekaar nooi om te gesels, en dan kan jy maar net gou GTalk aanskakel en die gesprek daarmee voer.  Daarna kan jy dit maar weer afskakel, die universele IM pakket sal steeds funksioneer soos dit moet.

Hier is ‘n paar van die bekendstes, in geen spesefieke volgorde:

Pidgin – http://www.pidgin.im/

QNext – http://www.qnext.com/universal_messenger.shtml

Trillian – http://www.trillian.im/

Nimbuzz – http://www.nimbuzz.com/en

Meebo – http://www.meebo.com/

Loer gerus, en probeer hulle.  By meeste moet jy weereens NOG ‘n rekening oopmaak, aangesien jy by HULLE netwerk inskakel, MAAR, die voordeel is daarem dat AL jou rekeninge by AL die netwerke nou gesnetraliseer is.

Een waarskuwing:  Ten tye van hierdie skrywe (2011-06-17) is SKYPE die enigste groot IM sagtewarepakket wat steeds hardnekkig voortvoeter en WEIER om ander (die universele IM pakette) toe te laat om toegang te verkry tot hul protokolle.  My hoop is dat hierdie houding van Skype hul in die agterent kom byt, want dit snuif botter!

Hoe dit ookals sy, Microsoft het mos nou onlangs Skype oorgekoop, en Windows Live Messenger is lankal reeds bruikbaar deur die universele IM pakette, so ons vertrou dat hierdie skuif dalk Skype ook oopmaak vir sulke gebruik.  Die hartseer ding is dat Skype “eerste” was op grootskaal, met IM en VOIP (meer oor VOIP in ‘n volgende artikel, maar vir nou verwys dit eenvoudig maar net na die stemkletsfasiliteit), en dus het hulle ‘n baie groot gebruikersbasis.  Tog moet daardie arme gebruikers (wat dalk vriende/familie/kliënte op verskeie ander netwerke het) hulself verbind daaraan om ‘n universele IM pakket te gebruik vir al die netwerke, maar STEEDS ook die hardnekkige Skype ook te laat hardloop in die agtergrondgeheue van hul rekenaars.  SIES SKYPE!

Tot volgende weeg, gooi gerus jul kommentaar,, sowel as jul vrae.  Indien jy op www.facebook.com/rekenaarhulp gaan vrae vra, sal dit op ‘n stadium hier beantwoord word.  Indien jy dringende/vinnige hulp benodig met jou rekenaar/selfoon/netwerk, gaan registreer by www.rekenaarhulp.co.za en kry dadelik hulp.  Natuurlik, indien jy hier op my blog kommentaar lewer en/of vrae vra, sal ek ook wel daarby uitkom in tyd, so doen gerus.

Tot volgende week vrinne.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

Wat bedoel jy: “IM my”?!
“IM my”?!  Nou mix jy jou taal so ek voel asof ek die red tale very deliciously kan speak hoor!  Ek WEET jy’s JY!  Hoekom sê jy vir my jy’s jy?!  I’m my.  Huh!?  Is jy dan nou stewpit vandag?

Het iemand al vir jou gesê: “IM me” of “IM my”?  En jy’t gedag: “…wat de duiwel bedoel dié wakker Willem nou? Ek WEET hulle IS hulle!  Is die ou (vrou) dan nou dommer as grond vandag”?

Meeste van ons het al die term IM teëgekom, en n groot deel van ons weet wat dit beteken, en moontlik ook hoe dit werk.  Maar, weet jy wat jy alles daarmee kan doen!?  In hierdie blog gee ek ‘n bietjie meer inligting deur oor wat IM is, hoe dit werk, hoe dit jou bevoordeel, en dinge wat jy nooit geweet hetjy kan daarmee doen nie.  Al gehoor van videoklets?  Hmm, miskien nie, maar jy moes sekerlik al gehoor het van “Video chat” of “chatroom” of “voice chat”?  Nou ja, hier is dit hoor, lees gerus verder:

Wat is IM?

IM is die Engelse afkorting vir die woorde “Instant Messaging”.  Nou sien ek al hoe gaan die lig aan in baie van julle se oë, en die waasigheid lig, om plek te maak vir die helderheid van persepsie in ‘n situasie waar alles soos modder gelyk het voorheen!

Dit is basies die term wat verwys na verskeie programme wat aan die gebruiker die funksionaliteit gee om oombliklik (instantly) met ‘n ander gebruiker op dieselfde netwerk te praat/teks (message).  Meeste van ons ken hierdie netwerke en programme as “Skype”, “Yahoo Messenger”, “GTalk”, en verskeie ander.

Hoe werk IM?

Hoe dit werk, in kern, is:  jy skakel in by die netwerk, en kry jou eie gebruikersnaame en wagwoord.  En nooi dan jou vriende om ook in te skakel.  Meeste netwerke het reeds die vermoë om jou kontaklys uit Outlook, GMail, Hotmail, Yahoo Mail of enige van die ander vonkposleweraars te gaan haal, en namens jou solank volgens vonkposadres te begin soek vir jou vriende/kontakte wat REEDS op die netwerk is.  Jy gee uiteraard jou toestemming indien jy tevrede is hiermee, en dan word hierdie kontakte outomaties uitgenooi of in kennis gestel dat jy nou by hierdie netwerk is.

Sodra jy en jou vriende/familie/kontakte op dieselfde netwerk is, sal julle mekaar se name sien in die netwerkkontaklys.  Elke netwerk (kom ons neem Skype as voorbeeld) het ‘n kontaklys/adresboek waar jy al jou kontakte kan sien. Jy dubbel-kliek (in meeste gevalle) dan op die kontaknaam, en so begin jy ‘n “chat”.  Ons verwys sommer daarna as ‘n privaat kletskamer.  Jy kan ook ‘n publieke kletskamer begin, deur verskeie kontakte na die selfde kletskamer te nooi.

Op hierdie stadium tik jul bloot boodskappe vir mekaar net soos sms of vonkpos, maar, die verskil is: (a) dis absoluut gratis, slegs die gewone datakostes vir jou internetgebruik is betrokke, en in die geval van teksklets is dit weglaatbaar klein – dis selfs goedkoper as sms!, en (b) dit is oombliklik (afhangende, natuurlik, van die spoed van jou internetkoppeling op daardie stadium, MAAR, selfs met ‘n BAIE stadige internetspoed is dit steeds feitlik oombliklik).

Maar sê nou ek is op Skype en my ma is op Yahoo?

Hierdie probleem staar baie van ons tans in die gesig.  Dan ook, wanneer jy besluit om ‘n ANDER voorsiener te gebruik, moet jy AL jou kontakte laat weet, en, hulle wil nie noodwendig van netwerk verander nie, ens, ens, ens.  Dit kan nogal ‘n probleem raak, want nou’t jy Skype, Yahoo Messenger, GTalk, AOL Messenger, Windows Live Messenger, ICQ en tien ander netwerke se programme nodig en hulle moet in die agtergrond loop, wat weer jou rekenaar se snelheid vertraag ens.

Maar wag, moenie huil nie, o moenie treur nie, die Stellenbosch se … o, nee, wag, verkeerde blog…he he   – steeds, moenie komkommer nie!  Daar is ‘n oplossing.  Onstpan net, haal diep asem, en weet:  as Riaan daar is, gaan alles oraait wees!

Daar is verskeie programme wat al hierdie verskillende netwerke se kommunikasieprotokolle (YUP – glo my – DIS wat Google Translate aandui as die AFRIKAANSE weergawe van PRTOTCOLS! – sien http://www.translate.google.com) saambind en jou toelaat om met EEN program aan AL die netwerke waar jy aktief is te koppel.  Maar, in ‘n volgende blog meer daaroor.  Vir nou, weet net daar is n hele paar, en volgende week sal ons oor hulle gesels.

So, wat kan ek NOG hiermee aanvang?

Ek het aan die begin belowe ons gaan sien wat jy alles hiermee kan doen, en wat dit vir jou sal beteken.  In volgende week se artikel sal ons nog so n bietjie dieper delf, en uitkom by stemklets, videoklets en die verskeie programme wat alle IM netwerke saambring in een program, en sulke sake.  Vir nou, solank die volgende:

Eerstens, uiteraard, kan jy kommunikasie tussen familie en vriende, sowel as by die kantoor, versnel en kostes sny.  DRASTIES.  In plaas van dat Fanie nou sy foon moet optel, en vir Frik bel (al is dit ‘n interne lyn), en dan uitvind Frik is reeds op ‘n ander oproep, so hy moet nou-nou weer probeer, kan Fanie nou net vir Frik IM. Frik sien die IM dadelik, MAAR, selfs al is hy op die foon besig met ‘n ander persoon, sien hy dit minstens, en kan hy selfs reaggeer daarop (ok, miskien nie FRIK nie, dalk FRANSINA – die mans kan mos volgens die vrouens nie “MULTITASK” nie, he he).  Of, as hy nie dadelik kan nie, kan hy binne oomblikke na sy oproep.

Indien hy dalk nie op kantoor is nie, maar sy skootrekenaar oop het waarookal hy is, is dit so goed hy’s IN die kantoor, want hy kan dadelik antwoord.  Indien hy dalk uit sy kantoor is, maar sy rekenaar is steeds in die kantoor, sal hy outomaties die boodskap ontvang sodra hy in sy kantoor instap, en hy kan tydig antwoord.  In hierdie sin is dit baie handig, want, kommunikasie is gegroepeer volgens persoon, en dit is wel oombliklik, MAAR, wanneer een van die partye nie “daar” is nie, werk dit soos gewone vonkpos, en lê die boodskappie ewe gedweë daar en wag om gesien te word.

Buiten die snelheid van kommunikasie, en die “beskikbaarheid”, sowel as die “herinnerbaarheid” van die gesprek, is daar natuurlik dan ook die kostes.  Indien jy met jou familie in Ierland praat, is dit net so goedkoop as om met Jannie in die volgende kantoor te praat, of met Sarie in die aangrensende gebou.

Meese van die groot diensleweraars bied ook die “history” funksionaliteit.  Dit is waar ‘n volledige geskiedenis van gesprekke gestoor word.  Dit is ideaal vir verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die werkplek veral.  Maar ook, as ma vir pa gevra het om die asblik uit te vat, en pa beweer sy het nooit!  Jammer mans, partykeer kies ek te veel die vrouens se part, maar sien, ek’s bang my vrou lees hierdie ding!  he he, ok, ok, ek grap net!

Natuurlik is daar die gerief van lêerdeling of lêers aangee.  Ja, in meeste kantore is daar netwerke waar dokumente beskikbaar is, en gedeel kan word, en dan, natuurlik is daar vonkpos ook, MAAR, kom ons sê Sarie is by firma A, en Jannie by firma B, en dié twee werk saam aan ‘n projek, op dieselfde dokument.  Of albei het seker “logos” nodig ens.  Terwyl hulle in ‘n klets is, kan enige een bloot ‘n lêer deel, deur op die “share” knoppie (meeste netwerke) te kliek, die betrokke lêer te kies, en dit “aan te gee” vir die ander persoon.  Die oordrag vind dadelik plaas, en is vinnig oor (afhangende van die internetsnelheid), en voila! – jy WEET Jannie het die dokument gekry, en dis veilig by hom.  Jyt het nie dalk “vergeet” om dit aan te heg aan die vonkpos nie (wat beteken hy moet jou eers laat weet, jy moet weer ‘n vonkpos stuur met die aanhangsel – wat alles nogtwee tot vier ure se vertraging te weeg kan bring), of die vonkpos ht nie dalk “nooit aangekom” by Jannie nie.  Jy gee dit aan, hy ontvang dit, dis gedoen!

Volgende week meer oor IM, sien julle dan!

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

Hoe om “Emoticons” te vertoon in Facebook?
Hierdie vraag het na vore gekom op my Facebook bladsy Rekenaarhulp.  Hier onder antwoord ek gou die vraag.

Facebook self het nie tans die vermoë om “smileys” of “emoticons” in die status te plaas nie, alhoewel mens dit wel in die kletskamer (facebook chat) kan gebruik.  Ek sluit ‘n skakel in na ‘n lys van “smileys” wat beskikbaar is in die klets, sowel as sagteware wat jou in staat stel om “emoticons” in jou status ook te plaas.

Die sagteware wat ek hieronder voorstel, installeer ‘n “toolbaar” en ‘n “plugin” op jou blaaier (browser).  “Plugins” is maar net klein programmetjies wat mense skryf vir spesefieke blaaiers, wat bykomende funksionaliteit aan die blaaier gee (soos, in hierdie geval, die vermoë om emoticons in Facebook se status updates te plaas).

Die nutsbalk (toolbar) word bygevoeg aan die bokant van jou blaaier, en voorsien jou met nog so ‘n paar ekstras, en dis gewoonlik waar die klein advertensies vertoon word.  Meeste gratis dinge op die internet word maar bevonds deur advertensies.  Selfs hierdie blog van my word so bevonds.  Dit kos jou as gebruiker nieks, maar, indien jy op die advertensies kliek, of iets by Amazon sou aankoop deur die skakels op hierdie bladsy te volg, dan beteken dit inkomste vir hierdie blog (of die programmeerder van die sagteware ens).

Hou maar altyd in gedagte dat baie van hierdie nutsbalke en ander “plugins kan soms BAIE kwaadwillig raak, dus, moet nie sommer net enige programmetjie toelaat om te installeer op jou rekenaar nie, ook nie veranderinge te maak aan jou nutsbalke of soekenjins en tuisblaaie nie.  Dit kan RERIG irriterend raak, en buiten dit, indien jy nie versigtig is nie kan dit jou rekenaar en internet vertraag tot ‘n slakkepas, jou rekenaar en programme goed opvoeter, en selfs meer ernstige kriminele skade veroorsaak soos identiteitsdiefstal ens.  Dus, WEES BAIE VERSIGTIG met sagteware wat oor die internet hulself wil installeer op jou rekenaar.  MAAK ALTYD SEKER dat jou antivirus en firewall op datum is, en aktief is, voordat jy enige so iets waag.

Goed, nou dat die waarskuwings uit die pad is, die oplossing:

Gaan na http://www.fbsmileys.com/ en sien regs-bo die knoppie wat sê:  “Get it now”.  Dit word ook in die prentjie hieronder vertoon:

Jy kan die lêer aflaai en daarna gaan “run”, of jy kan dit sommer direk laat installeer, afhangende wat jou rekenaar jou bied as opsie.  Hoe dit ookal sy, laai dit af en begin die programmetjie wat aflaai.

Nou volg jy bloot die installasieproses, MAAR – PASOP!  Sien die prentjie hieronder vir detail.  MOET NIE toelaat dat hierdie program tydens installasie jou blaaier se soekenjin, tuisblad en ander inligting aanpas nie.  Die program is baie bedagsaam daarin datdit jou die opsie bied om dit NIE te doen nie, maar, jy MOET wakker wees, en dit raaksien en deselekteer.  Maak seker dat jy AL DRIE OPSIES DESELEKTEER soos dit in die prentjie hieronder lyk.  KYK UIT VIR DAARDIE VENSTERTJIE, dis die tweede of derde venstertjie nadat jy die program begin.

Volg maar bloot die installasieproses hierna en laat dit voltooi.  BELANGRIK:  VOORDAT JY VOORTGAAN MET HIERDIE PROGRAM SE INSTALLASIE, MAAK SEKER DAT AL JOU INTERNET OORTJIES (TABS) TOE IS, OF GESTOOR, WANT, NA INSTALLASIE VRA DIE PROGRAM NIE OF HY MAG NIE, HY MAAK NET JOU INTERNETBLAAIER TOE!  Dit bied gladnie die opsie aan jou om eers gou alle oortjies toe te maak of te boekmerk of enige so ‘n iets nie.  Dus, maak seker dat slegs hierdie program se bladsy oop is en alle ander veilig is.

Wanneer installasie voltooi is, kan jy jou blaaier weer begin, en jy sal die nutsbalk dadelik sien.  Wanneer jy nou na Facebook gaan, sal jy net onder jou status-update blokkie ‘n paar nuwe ikone sien, wat jy nou kan gebruik om emoticons en allerhande sulke dinge in te voeg.

Die goeie nuus is dat hierdie program is beleefd genoeg om jou toe te laat om die nutsbalk toe te maak/verwyder sodat dit NIE vertoon nie, maar steeds kan jy die ikone sien en gebruik.  Dus, indien jy nie van die nuwe nutsbalk hou nie (ek haat persoonlik om 45 verskillende nutsbalke te sien, ek hou van ‘n “skoon” uitleg bo-aan my blaaier), gaan eenvoudig na jou blaaier se opsies en verstel dit sodat die FACEMOODS TOOLBAR nie vertoon nie.

Ter afsluiting, die slegte nuus:  Slegs persone wat hierdie sagteware op hul rekenaar installeer kan hierdie emoticons sien.  Dus, indien jy wil hê jou vriende moet dit sien, moet hulle ook die sagteware hê, of hulle gaan net ‘n klomp snaakse letterjies sien.  Hierdie aspek van die sagteware maak die hele operasie in ‘n sin amper half nutteloos, want, wat help dit jy gebruik dit, maar niemand anders sien dit nie.  Dit was vir my ‘n groot teleurstelling om hierdie uit te vind, maar nou ja, tot dusver is daar slegs emoticons beskikbaar in Facebook se klets, en verder is ons aangewese op die ou sms-tipe smileys.

Lekker “EMOTE” vriende!  Deel hierdie blog met jou pêlle deur die Facebook of Twitter “like” knoppies te gebruik wat hier op die blog voorkom.  So deel ons die vreugde met almal.

Tot volgende week.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

LAN, WIFi, ADSL of 3G – die finale hoofstuk!
Soos belowe in laasweek se uitgawe:  die finale hoofstuk, die konklusie, die terminasie, die kulminasie, die orgasmiese, klimaktiese laaste woord:  die einde.  Geniet dit!

Toepassing.

Nou  goed, ons almal weet nou wat die verskillende opsies is, en hul kostes  ens., maar wat beteken dit vir my in my alledaagse gebruik?

Vir  die gemiddelde tuisgebruiker is ‘n eenvoudige LAN (met opsienele WLAN,  indien daar ‘n skootrekenaar of tablet-pc soos ‘n iPad of Android  toestel betrokke is) voldoende, sodat lêers gedeel kan word, een drukker  gedeel kan word, en almal deur die LAN, wat aan ‘n ADSL lyn gekoppel is  deur ‘n standaard “router”, op die Internet kan rondspeel.  Nou kan jy met jou skootrekenaar of jou  tablet enige plek in die huis (of selfs langs die swembad!) sit en  Facebook, Google, vonkpos, Youtube ens.  Jy kan ook met gemak dokumente  of vonkpos uitdruk deur die netwerk na die drukker wat moontlik elders  in die huis is.

Vir die persoon wat  pendel of reis vir hul werk, en hulself moontlik gereeld in verskeie  kantore van ander besighede bevind, of soms in koffiewinkels sake  bedryf, is die gerief van “internet on the go” uiters belangrik.  Hier  is waar 3G en WLAN/WiFi (of selfs wireless hotspots) UITERS relevant  raak.

Die mees gerieflike opsie is op  die oomblik verseker 3G, aangesien jy dit enige tyd, en op enige plek  kan gebruik.  Hou net die koste-implikasie in gedagte.  ‘n Goeie vriend  van my het nie ADSL by sy his nie, en hy, sy vrou, en hul twee kinders  gebruik die 3G plan wat hy betaal.  Eerstens lei dit daartoe dat hulle  die Internet BAIE spaarsamig moet gebruik, weens kostes, en dit is  uiters negatief vir enige moderne huishouding, tensy hulle VERKIES om in  die “donker eeue” te bly, en tweedens, het hy en ek nou-die-dag  uitgewerk dat sy internettoegang kos hom bykans 500 maal (yup, dis nie  ‘n tikfout nie, jy lees reg: VYFHONDERD KEER) meer as myne omdat ek op ‘n  baie billike ADSL pakket is.

Steeds, vir die reisiger is 3G die gerieflikste, hoewel die duurste.

Opsie  twee, wat redelik goedkoper is, en ook eintlik twee sub-opsies het, is  die wifi hotspot.  Dit is dan nou wanneer jy by ‘n koffiewinkel of ander  sakeonderneming is, en hulle het ‘n “hotspot” wat jy mag gebruik.   Onthou, ‘n hotspot is eintlik maar net ‘n vorm van ‘n WLAN wat jou  beperk om slegs toegang tot die internet te hê, maar geen toegang tot  die hotspotleweraar se ander netwerkbronne nie (drukkers, hardeskywe  ens.).

In plaas van 3G, koppel jou  skootrekenaar of tablet aan die WiFi van die hotspot, en voila! jy’s  “oppie net”.  Meeste sulke hotspots bied aan jou drie verskillende wyses  om te betaal:

Eerstens, hulle gee (as goedgunstigheid aan jou as kliënt) miskien een,  of vyf, of tien Meg se dataverbruik gratis, sodat jy vonkpos kan nagaan,  skakel met jou kantoor se VPN (meer hieroor in volgende blogs), die  internet kan beloer en dalk kan Skype met ‘n kliënt of kollega by die  kantoor.  Wanneer die x-aantal Meg opgebruik is, word die tweede opsie  geldig:

Tweedens, jy koppel aan hul  hotspot, en word ‘n bladsy voorgehou waar jy ‘n aantal Meg se bandwydte  kan aankoop, wat gewoonlik nie verval met tyd nie, maar slegs met  gebruik.  Jy kan dan met jou kredietkaart of Paypal of so iets betaal,  en daar gebruik jy heel jolig die Internet.

Derdens,  en hierdie is moontlik die goedkoopste van alle mobiele internetopsies,  bied meeste ISPs (Internet Service Provider – die ouens wat jy  maandeliks betaal om jou ADSL toegang tot die Internet te verkry) aan  jou die opsie om jou standaard ADSL gebruikersnaam en wagwoord by sulke  hotspots te gebruik, en dan word hierdie mobiele gebruik bloot by jou  normale maandelikse gebruik gevoeg vir jou maandelikse rekening.  Soms  kry jy die bandwydte teen feitlik dieselfde prys as jou ADSL bandwydte,  maar, gewoonlik is dit so ‘n klein bietjie duurder weens die derdeparty  (die hotspotleweraar) wat ook ‘n fooitjie kry.  Die ISPs het uiteraard  ‘n groothandelprys wat hulle kry by daardie hotspotleweraar, daarom dat  dit letterlik goedkoper is om die hotspot “deur” jou ISP te gebruik  eerder as om direk per kredietkaart banfwydte net-daar aan te koop.  Al  hierdie bogenoemde opsies is steeds aansienlik goedkoper as 3G.

Nou,  om af te sluit:  Hoe beteken al hierdie goed vir jou iets?  Meeste van  die voordele het reeds vanself na vore gekom op verskeie stadiums in  hierdie stuk, maar, ter afsluiting, maak ek ‘n lysie hieronder,  puntsgewys uiteengesit vir al ons blokkiesmense (soos ek):

‘n LAN en ‘n WLAN (WiFi) het vir besighede die volgende voordele:

Deel van bronne

Hardeskyfspasie

Drukkers

Skandeerders

Projektors

Kantoorspasie (skootrekenaargebruikers)

Industrie-unieke toestelle

Voorsiening van ‘n VPN aan skootrekenaargebruikers vanaf hul huis, of ENIGE plek op Aarde waar daar Internet is

‘n Enkele skakeling aan die Internet

‘n LAN en WLAN het vir die tuisgebruiker die volgende voordele:

Deel van bronne soos vir ‘n besigheid, maar omdat ‘n huishouding ietwat anders is, lys ek dit so:

Een drukker vir alle rekenaars en rekenaargebruikers

Deel van hardeskyfspasie, wat beteken dat dokumente kan sentraal gestoor en gerugsteen word

Sentrale, gedeelde fotovouer (photo library/folder) waar alle  fotos van die gesin gebêre word, maar almal het altyd, op al hul  rekenaars togang daartoe om te vonkpos, Facebook of te wys vir vriende  wat kom kuier

Sentrale, gedeelde mediavouer (music library) waar alle  musiek/liedjies sentraal gestoor kan word, en almal het op alle  rekenaars, in enige vertrek, toegang tot hul (en ander) se musiek na  willekeur.

Deel van enkele Internetkoppeling, wat beteken dat jy kan WEL  langs die swembad, of op die bank op die stoep, lê en Facebook, Youtube,  of enige iets anders wat die Internet bied, SOWEL as na jou gunsteling  musiek luister wat op jou sentrale musiekvouer is.

‘n LAN of WAN op hul eie beteken NIE noodwendig Internettoegang  nie, aangesien die LAN/WLAN eers deur middel van ‘n “router” aan die  Internet gekoppel moet word (ADSL of 3G).

ADSL bied uiters bekostigbare toegang tot die Internet vir beide besighede en huishoudings.

In albei se gevalle is daar ook die moontlikheid om per  ooreenkoms met die ISP ‘n baie billike prys te beding vir WiFi  Hotspottoegang wanneer die skootrekenaargebruikers (of tabletgebruikers)  wel in ‘n Hotspot is, en toegang tot die Internet benodig.

Dit bied die moontlikheid aan beide huishoudings en besighede  (maar VERAL besighede) om ‘n VPN op te stel wat vir alle mobiele  personeel volledige, gemaklike, 24-uur toegang te bied tot die frima se  LAN, tesame met alle bronne wat die LAN bied.

Skype (Video en Voice) is goedkoop en blitsig op ‘n ADSL lyn,  dus is gratis kommunikasie soveel meer van ‘n werklikheid.  Skype-tipe  kommunikasie is wel ook per 3G beskikbaar, maar, weens die  onbetroubaarheid van 3G (hoofsaaklik weens seinsterkte en  seinsuiwerheid), is dit soms moeiliker en minder effektief as ADSL.

3G bied ABSOLUTE mobiliteit aan die gebruiker.  Hulle het geen  Hotspot of WiFi nodig om toegang tot die Internet te bekom nie, en ENIGE  plek waar daar selfoonopvangs is, sal daar ook datatoegang wees (al sou  dit die stadiger EDGE of GPRS wees – dis steeds toegang wat die ADSL  gebruiker en die Hotspot gebruiker NIE sou hê nie, aangesien  laasgenoemde twee NIE so mobiel is nie).  3G kom wel teen ‘n BAIE hoë prys  in ‘n wêreld waar meeste gebruikers gewoonlik binne bereik van ‘n  Hotspot is 90% van die tyd.  3G (sowel as EDGE en GPRS – beide eenvoudig  “stadiger” vorme van 3G) is ook minder “solied” in terme van seinsterkte en betroubaarheid as ADSL.

Dus, neem die besluit:  watter een is  vir jou?  LAN, ADSL, WiFi of 3G?  ADSL en 3G is uiteraard vir  Internettoegang, terwyl LAN en WiFi vir lokale brondeling en gerief  bedoel is.

Tot volgende keer.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

LAN, WiFi, 3G of ADSL? – deel 3
Na die afgelope twee weke se artikels, behoort ons almal daarem nou naastenby op dieselfde bladsy te wees rakende die vier onderwerpe wat ons hier bespreek.  Ons het laasweek geëindig met die belofte van kostes en snelhede wat hierdie week bespreek sal word, en hul implikasies.

Snelheid

is eerste op die lys.  Sonder enige twyfel, is ‘n LAN die vinnigste vorm van kommunikasie tussen enige twee rekenaars.  As ‘n reë val ‘n LAN in die volgende drie snelheidsvlakke: 10Mbps, 100Mbps en 1Gbps. (M = Mega, G = Giga, b = bits in teenstelling met B wat Bytes is, p = per, s = second).  Kom ek gee net vinnig ‘n verduideliking van hierdie terme:

1 Bit is vergelykbaar met ‘n enkele ligskakelaar (aan of af is al opsies, maar in rekenaarterme sou dit wees 1 of 0 as opsies). 8 Bits is 1 Byte.  Bits word voorgestel deur ‘n kleinletter b, terwyl Bytes voorgestel word deur ‘n hoofletter B.  In terme van die snelheid van die netwerk is 1bps dus een bit per sekonde. 1Bps is een Byte per sekonde. 10bps is tien bits per sekonde. 1 Kbps is 1 Kilobits (K = Kilo) per seconde, of dan 1,000 bps.

1 Mbps is dan 1 Megabit(s), of te wel 1,000,000 bps.  1Gbps is 1 Gigabit(s), wat vertoon kan word as 1,000,000,000,000 bps.  Soos julle kan sien is dat maar soos standaard numeries terme waar Kilo eenduisend voorstel, Mega stel een miljoen voor, en Giga stel een triljoen voor.

Terug na die saak:  dus is daar drie variasies van LAN snelhede:  10 Mbps (tot en met so vroeg in die 2000′s in gebruik), 100 Mbps (vandag nog in gebruik in meeste netwerke) en 1 Gbps (die nuwe standaard wat reeds vir so drie tot vier jaar in gebruik geneem word).

WiFi word deurgegee met die letters b, g,n en n+.  Daar is verskeie snelhede ter sprake, en dit varieër op hierdie stadium, maar, as ‘n breë, baie algemene stelling kan ons dit naastenby so sien: WiFi “b” is 11 Mbps, “g” is 54 Mbps, en soms is daar g+ wat 108 Mbps is, dan is n as ‘n reël vinniger as 100 Mbps.  Dus, is WiFi-n omtrent vergelykbaar in snelheid met ‘n 100 Mbps LAN (die huidige algemene standaard).

ADSL en 3G word gemeent NIE in Mbps nie, maar in Kbps.  ADSL wissel, afhangende van watter kontrak jy neem, tussen 192 Kbps, 384 Kbps, 512 Kbps, 4 Mbps, en onlangs het Telkom die 10 Mbps lyne begin toets.  Dus is ADSL aansienlik stadiger as beide LAN en WiFi skakelings.

3G snelhede word deurgegee as 1.8 Mbps, 3.6 Mbps, en onlangs het die selfoonmaatskappye begin adverteer dat hulle snelhede van tot 21 Mbps beskikbaar het.  Hierdie 3G snelhede lyk AANSIENLIK beter as ADSL, MAAR, mens moet in ag neem dat met 3G word die snelheid beïnvloed deur:

Afstand vanaf die selfoontoring

Kwaliteit van die sein wat ontvang/gestuur word

Verkeer (hoeveel mense gebruik dit nou dadelik) op die toring/netwerk op daardie oomblik

Ek het reeds driemaal 3G kontrakte uitgeneem, en dan weer weggegee of ophou gebruik bloot vir die feit dat dit nie eers naastenby vergelykbaar is in terme van betroubaarheid, of konstante snelheid, met ADSL nie.  Dus, my gevolgtrekking is dat 3G is BAIE vinniger as ADSL, indien jy “gelukkig” is op daardie oomblik, EN, dit is nie konstant en betroubaar nie, maar soms baie wisselvallig.  Afhangende hoe sterk die sein is vanaf die selfoontoring, kan jy soms selfs onderbrekings beleef in die koppeling, sodat jy leërs wat besig is om af te laai vanaf die Internet verloor, weens ‘n onderbreking in die skakeling.

Kostes

is volgende aan die beurt.  Ek gaan nie hier tot-op-die-sent korrekte bedrae deurgee nie, want dit wissel en verander in alle geval daagliks.  Ek gaan bloot riglyne gee.

ADSL kan jou enige iets van so R200.00 tot R10,000.00 per maand kos.  maar wag, voor jy jou tong insluk en jou gesig induik soos jy snak na jou asem…die R10,000.00 opsie is gewoonlik vir grootskaalse besigheidstoepassing.  Die gemiddelde huishouding sal regkom met tussen R200.00 en so ongeveer R900.00.  Hoe hoër die bedrag wat jy betaal, hoe vinniger die lyn, en hoe meer bandwydte (data wat jy kan op- en aflaai) ontvang jy, maar, in ‘n volgende artikel meer oor die detail van ADSL pryse/spoed/bandwydte.

WiFi (deesdae ook genoem WLAN – Wireless LAN), en gewone LAN gee jou nie noodwendig toegang tot die internet nie, tensy die LAN of WLAN (WiFi hotspot ens.) aan die Internet gekopptl is deur middel van ADSL of 3G nie.

3G pryse wissel baie meer nog as ADSL.  Meeste selfoonpakette laat jou toe om ‘n standaard datapakket in te sluit wst enige iets van R10.00 tot duisende Rande per maand kan beloop.  Die pryse word gewoonlik in ‘n “per Meg” formaat adverteer, en is dan baie misleidend, aangesien hulle iets soos 5c per Meg sal adverteer, en dit klink belaglik goedkoop, maar vergelyk dit met per Gig pryse:

5c Per Meg werk uit op R50.00 per Gig, wat tweejaar gelede nog relatief aajvaarbaar was, maar, met ingang 2010, en die “uncapped” rekeninge wat die lig gesien het, sowel as die lae per-gig pryse, is dit eintlik redelik duur.  En hierdie voorbeeld is een van die GOEDKOOPSTE aanbiedinge deur Cell-C.  Die ander ouens is almal aansienlik duurder.  Om te illustreer:  per-gig pryse op ‘n ADSL lyn sal so goedkoop as R9.00 per gig wees in sommige gevalle.  Dit maak die GOEDKOOPSTE 3G opsie meer as vyf keer duurder!

Dus, in terme van koste, is ADSL absoluut by VERRE die goedkoper opsie.

Dit was my begeerte en my hoop om met hierdie derde aflewering die saak tot ‘n punt te bring, maar, helaas, ek het misluk.  Ek het reeds die volgende aflewering volledige geskryf en beïndig, maar, as artikel, is dit te lank om hier in aflewering drie in te sluit.  Dus moedig ek julle aan om volgende week (dis nou Vrydag die 27ste Mei, die laaste in die vier-stuk-trilogie (he he) te kom deelmaak, en die toepassing van hierdie drie stukke te sien.  Dit sal vir jou uiteensit presies WAT hierdie lot goed nou werklik in jou lewe vir jou sou beteken.

Groete tot volgende week.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

LAN, WiFi, 3G of ADSL – deel 2
Goed, so ek vertrou dat almal nou ‘n redelike goeie idee het van wat presies ‘n LAN is?  Indien nie, lees gerus eers weer die vorige artikel in hierdie reeks van drie.

Hierdie week loer ons gou na WiFi, 3G en ADSL voor ons volgende week die hele saak tot ‘n klimaks bring in die artikel oor:  watter een is die beste vir jou, en hoe maak dit jou lewe makliker, indien enigsins!?

WiFi

Soos vinnig genoem in die vorige artikel, WiFi (wat verwys na Wireless Fidelity baie soos die term HiFi wat verwys na High Fidelity in terme van klank) is basies net ‘n draadlose LAN.  En, in Engels kom die term tot sy reg:  “WIRELESS LAN” of “WIRELESS NETWORK”.  Dit is maar presies wat dit is.  In praktyk beteken dit vir jou dieselfde as wat ‘n LAN beteken, maar jy het die vryheid van beweging (“Freedom of movement” soos oorlede Christopher Reeve dit in die World Online TV-advertensie gestel het).  Jy kan met jou selfoon of skootrekenaar (Laptop/Notebook) of selfs jou tabletrekenaar (Tablet PC) inskakel op die draadlose netwerk, en dan het jy vryheid om rond te beweeg in die kantoor/huis en steeds toegang te hê tot die hulpbronne op die netwerk (internet, vonkpos, drukker, stoorspasie ens.)

WiFi het uiteraard sy eie tegniese implikasies en funksionering, maar hierdie artikel deel nie soseer met die detail van hoe en wat en watter knoppie of kabel nie, dit deel meer met watter een is reg vir jou, indien enige, en hoe verbeter dit jou lewe, indien enigsins.  Die belangrikste tegniese aspekte om net in gedagte te hou met WiFi is dat dit het ‘n beperkte afstand, wat jy wel kan versterk of vergroot met verskillende toerusting, en dat dit meestal nie net tussen twee toestelle (rekenaars gewoonlik) is nie, maar as ‘n rëel het dit ‘n basisstasie as punt-van-kontak.  Die basisstasie bereik ‘n radius van x-aantal meter rondom ditself, en, indien jy in daardie radius verkeer met jou toestel, sal jy die opsie hê om te kan inskakel op die WiFi netwerk wat dié basisstasie bied.

Die pluspunt van WiFi is dat daar ooral in die wêreld (ja, in Suid Afrika ook – glo dit as jy wil!) “WiFi Hotspots” is.  Sal ons dit dan nou maar vertaal as “Draadlose netwerk warmkolle?!”  ‘n WiFi “hotspot” is basies ‘n netwerk wat deur ‘n diensleweraar op ‘n publieke plek daargestel word.  Gewoonlik is dit in koffiewinkels, hotelle se ingaangsportale, of die hele hotelarea, verskeie besighede se kantore, treinstasies, lughawens, sommige teaters en dies meer.

Dit kan wees dat die besigheid of perseeleienaar die netwerk daarstel, of dat hulle ‘n derdeparty-diensleweraar geleentheid gee om dit op te stel.  Die feit is, mens vind sulke netwerke ooral deesdae, en het die opsie om in te skakel daarop.  In sommige gevalle (meestal hotelle en besighede) kan die toegang tot die internet, wat deur hierdie netwerk beskikbaar gemaak word, gratis wees.  In die geval van koffiewinkels, lughawens en ander, is dit gewoonlik gratis om in te skakel op die netwerk, MAAR, aangesien dit ‘n publieke netwerk is, is daar geen “hulpbronne” as sulks nie, dus geen drukkers, stoorspasie en dies meer nie.  Die Internet is ook dan nie noodwendig gratis toeganklik nie.  Gewoonlik is daar ‘n klein fooitjie betrokke aan toegang tot die internet, wat jy sommer self, net daat, met jou kredietkaart kan betaal, en dan het jy vir ‘n sekere tyd, of ‘n sekere bandwydte, toegang tot die Net.

Hierdie is een van die tipe netwerke waarvan vriende soms praat as hulle sê hulle het sommer by die koffiewinkel gesit en werk op die Internet.

3G & ADSL

Hierdie twee val onder die term WAN (Wide Area Network, of dan, in Afrikaans, weer, gelukkig:  Wye Area Netwerk).  Nou, die verskil tussen ‘n LAN/WiFi en ‘n WAN is basies net die grootte in terme van afstand.  ‘n LAN of WiFi is tipies in ‘n kantoorgebou, ‘n koffiewinkel, jou huis, die lughawe of so iets, terwyl ‘n WAN gewoonlik verskeie LANs aanmekaar verbind, soos byvoorbeeld die firma se kantore in Pretoria, wat verbind word aan hul kantore in Johannesburg.  Dit is ook hoe Telkom en die selfoonmaatskappye se Internettoegang werk.

Die telefoonleweraars bied aan jou die opsie om by hul LAN in te skakel, MAAR, omdat jy so ver van hulle is, op ‘n hele ander perseel, word dit ‘n WAN genoem.  Koppel ‘n vet klomp WANs aanmekaar, en jy het Die Internet!  Dus, 3G en ADSL is basies ‘n vorm van baie groot LAN (dus ‘n WAN) wat jou toegang gee tot die Internet.  Snelhede verskil, hoeveelheid toegang verskil, en verskeie pakette kan oorweeg word, maar, in sy kern, is dit die funksie van 3G en ADSL.

Nou, die verskil tussen die twee:  ADSL is meer soos ‘n LAN, in dié sin dat dit is ‘n bekabelde koppeling tussen jou en Telkom (of wie ookal die diens aan jou lewer).  3G is draadloos, en werk deur die selfoontorings en die selfoonleweraars se infrastruktuur.  Ja, sodra dit hul infrastruktuur tref word dit bedraad, MAAR, vir praktiese doeleindes, in jou alledaagse gebruik, is dit sonder kabels.

Kostes is ‘n faktor, snelheid is ‘n faktor en betroubaarheid is ‘n faktor, maar, al drie daardie sal ons volgende week in die finale gedeelte bespreek.  Vir nou net die beginsel dat die een is ‘n “landlyn” en die ander is ‘n “selfoonlyn”.  Sien julle dan weer volgende week vir die finale episode van LAN, WiFi, 3G of ADSL.

Riaan Eloff is ‘n vryskut skrywer, musikant, prediker, asook die eienaar van   www.rekenaarhulp.co.za waar jy ‘n antwoord/oplossing op feitlik ELKE   rekenaar of selfoonverwante probleem kan vind.  Riaan besit en bedruf ook Praat Afrikaans, ‘n gemeenskapsgedrewe taalorganisasie vir die promofering van Afrikaans.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".

LAN, Wifi, 3G of ADSL?!
Hi daar, so begin ek dan met my blog.  Hierdie eerste artikel is vir Rekenaarhulp, en alhoewel ek dit laasweek reeds geskryf en gepubliseer het op Rekenaarhulp en op Praat Afrikaans, ek het vandag eers my blog amptelik begin, so hierdie een is eintlik een week NA die ander gepubliseer, alhoewel ek die datum manipuleer het om te wys dat dit reeds op die 6e Mei gepubliseer is!  Geniet dit gerus.

Ons   almal het ‘n basiese idee wat die internet is, en hoe dit gebruik word,   en ons almal het ‘n vae benul wat ‘n netwerk is, en dat ons oor ‘n   netwerk kan druk of leêrs kan deel.  Maar, die selfoonmaatskappye   verkoop “wonderlike” 3G pakette aan ons, en laat dit klink asof dit   SPOTGOEDKOOP is, en vriende vertel ons van “wireless” en hoe hulle in   die koffiewinkel sit en aanlyn werk deur “WIFI” en ons almal wonder:    “…nou maar wat is dit nou EINTLIK wat ek nodig het?!”  Is dit 3G, WiFi,   ‘n LAN of ou Hellcom (oeps, ek bedoel “TELKOM”) se goeie ou ADSL, hoe   sou ek enige van daardie lot gebruik, en, meer belangrik: WAT DE DUIWEL   BETEKEN DIT VIR MY IN MY LEWE?!

As hierdie jou belangstelling geprikkel het, vermoed ek jy gaan dié artikel nie net geniet nie, maar waardeer ook!

Ek gaan  elkeen van die vier bogenoemde konsepte verduidelik, en saam  met dit  ook die voor- en nadele van elk uitlig, en ek hoop om dan dit  alles  bymekaar te bring in ‘n laaste, klimaktiese (hoor net daai  Engelsman  praat!), orgasmiese en dramatiese opsomming wat vir jou  vertel PRESIES  wat dit vir jou kan beteken in jou lewe (indien enige  iets) en HOE dit  jou kan baat (weer:  indien enigsins).

LAN

‘n LAN (wat ‘n afkorting is vir die “Ingilse” woorde Local Area Network), maar wat toevallig in Afrikaans ook werk as:  Lokale Area Netwerk   (alhoewel areanetwerk bes-moontlik een word moet wees, maar,   taalkundiges, professore, onderwysers, verhef jul stemme en laat weet   tog) is presies net dit:  Dit is ‘n netwerk van rekenaars en/of toestelle wat gelokaliseerd is.   Vir nou net die onderskeid tussen ‘n LAN en WiFI:  ‘n LAN gebruik as n   reël kabels om die toestelle aanmekaar te verbind, waar WiFi  radioseine  gebruik.

Tog,   die onderskeid tussen die twee het eintlik eers ontstaan toe WiFi   gepopulariseer is laat in die ‘90’s, want eintlik verwys ‘n LAN nie   spesefiek na gekabelde verbindings nie, alhoewel dit vandag in die   algemene spreektaal van die rekenaarindustrie gewoonlik gebruik word om   te verwys na ‘n bekabelde verbinding in teenstelling met ‘n kabellose   verbinding (naamlik WiFi).

Terug na die kern van die onderwerp, julle moenie my aandag so aftrek nie!

In sy   mees eenvoudige vorm is ‘n LAN die volgende:  twee rekenaars wat   aanmekaar verbind is deur middel van ‘n kabel, wat hulle dan toelaat om   hulpbronne met mekaar te deel. Kom ek verduidelik met ‘n voorbeeld:

Jy het   ‘n gewone ou rekenaar (desktop PC) in jou huis, en dit het ‘n klomp   mp3’s op wat jy soms luister, sowel as al die briewe wat jy in jou   woordverwerker (WORD of iets soortgelyk) geskryf het aan jul   versekeringsmaatskappy, die bank, Telkom, die munisipaliteit, die swak   diens wat jy by Woolies gekry het, en Spar se misluke bestuurder!

Buiten   dit is die drukker (miskien ‘n kleur “inkjet” of so iets?) ook daaraan   gekoppel, al jul gesin se fotos is op hierdie rekenaar, en jul   maandelikse begroting is in ‘n spreiblad hierop (miskien EXCEL of   soortgelyk).

Nou kry jou vrou ‘n spiksplinternuwe skootrekenaar (“laptop”, vir die wat nou skielik so verward was dat hul oë begin tol het in hul kop, of sommige verwys daarna as ‘n “notebook”,   veral sedert hulle so ongelooflik klein en draagbaar geword het in die   jare ’98 tot ‘02 en daarna) vir kersfees.  Hier is waar ‘n LAN nou in   spel kom:

Sy wil   graag sommige van die briewe so ‘n bietjie aanpas, jy weet, meer   KLEURVOLLE taal invoeg om die diensleweraars te laatverstaan PRESIES hoe   sy voel, en dan weer druk om vir die versekeringsmaatskappy te pos,   vonkpos of faks.  Nou moet sy met ‘n geheuestokkie (flash-drive/memory   stick) rondhardloop tussen jou rekenaar en hare, en dan is die dokument   verander op hare, maar nie op joune, en dan verander jy weer iets, en   dan is daar weer ‘n nuwer een op die stokkie, en dan weer haar rekenaar   en so voeter dit voort, en die dag dat jy die dokument dringend nodig   het, is die ou wat weet waar die NUUTSTE, KORREKTE weergawe daarvan is   mos nou weer dood!

Hierdie sou vermy word met ‘n LAN.    ‘n Eenvoudige verbinding/koppeling/skekling tussen die twee rekenaars,   sodat sy vanaf haar rekenaar toegang kan verkry tot joune se  dokumente,  en, wanneer sy ‘n verandering aanbring, en “SAVE” druk, dan  is die  nuutste, korrekte, opgedateerde leêr daar-en-dan veilig op  dieselfde  plek waar hy nog al die tyd was!

Nou wil   sy dit druk, en weens die feit dat julle per LAN verbind is, hoef sy   nie die nuwe dokument wat sy op die stokkie moes stoor, voor die LAN   daar was, nou in jou rekenaar te steek en jou dan te pla terwyl jy DUKE   NUKEM FOREVER probeer deurspeel nie, en eers nou WORD oopmaak en dan   druk na jou drukker nie.  Nee, sy kan eenvoudig direk vanaf haar   rekenaar net die “PRINT” opsie gebruik, en wanneer dit by druktyd kom,   kies sy eenvoudig om na jou drukker te druk, en die rekenaarnetwerk doen   die res. Sonder dat jy eers gepla word, verskyn die dokument, asof  deur  goëlary, vanuit die drukker.

Dít is die kern van presies wat ‘n LAN is, en wat dit veronderstel is om te doen.

Uiteraard   is hierdie ‘n baie elementêre implimentasie, maar dit dra die punt  oor.  In ‘n groter opset, soos ‘n tuiskantoor of ‘n   mikro-onderneming/kleinsake-onderneming bevorder dit produktiwiteit (in   terme van gesentraliseerde dokumenthantering en versorging), verminder   dit oorhoofse kostes (in terme van stoorspasie wat gedeel word, slegs   enkele kopieë van dokumente in plaas van ‘n kopié op elke ou se   rekenaar, sowel as drukkers, faksmasjiene, skandeerders (scanners) en   tientalle ander toestelle) en maak dit die lewe in die algemeen net baie   makliker.

In ‘n   groter opset sou mens gewoonlik ‘n skakelaparaat/versender “router”,   “hub”, of “switch” gebruik om meer as twee rekenaars te verbind.  Die   versender hanteer dan die kommunikasie tussen baie rekenaars en/of   toestelle.

‘n LAN benodig op die minste:

twee rekenaars/toestelle

elkeen van die twee moet oor ‘n netwerkkaart beskik

en dan natuurlik die kabel/s wat die toetelle verbind.

‘n Skakeling tussen ‘n rekenaar en ‘n ander toestel alleenlik (soos ‘n drukker, faks, muis ens.) word NIE as ‘n LAN beskou nie.  Let ook op dat in so ‘n geval word LAN kabel (CAT-5 of ander) nie gebruik nie.

Volgende   week gesels ons bietjie verder, en sal ons WiFi, 3G en ADSL aanraak.    Hierdie plasing oor die LAN is redelik lank, aangesien die beginsel   agter ‘n LAN die kern vorm vir die verstaan van die ander drie.  Groete   dan tot volgende week!

Riaan Eloff is ‘n vryskut skrywer, musikant, prediker, asook die eienaar van   www.rekenaarhulp.co.za waar jy ‘n antwoord/oplossing op feitlik ELKE   rekenaar of selfoonverwante probleem kan vind.  Riaan besit en bedruf ook Praat Afrikaans, ‘n gemeenskapsgedrewe taalorganisasie vir die promofering van Afrikaans.

Geskryf deur Riaan Eloff, ‘n musikant, teoloog/filosoof en IT "boffin".

Written by Riaan Eloff, a musician, theologian/philosopher and IT "boffin".